Inligting vir versorgers
Die VVOS ondersteun almal betrokke by die stigting, bestuur en ontwikkeling van voorskoolse sentra. Die bestuur en administrasie van ‘n kleuterskool of sorgsentrum is ‘n bepalende faktor in die goeie praktyk van die skool of sentrum.
Die VVOS bestuur besef ook die groot taak en verantwoordelikheid wat op onderwysers/ versorgers se skouers rus. As onderwyser/ versorger staan jy in vir die jong kind se ouers gedurende die tyd wat hy in jou sorg is.
Die onderstaande inligting is gerig om die bestuurs-, administrasie- en onderrigpraktyk in vroeë kinderontwikkeling te bevorder.
Kontak gerus die kantoor indien u enige navrae het.
Totsiens doeke! - kommunikasiebrief vir ouers
Ontwikkelingsmylpale 3 maande tot 3 jaar
Hou só die kleuters besig gedurende die skoolvakansie
Hoe ontwikkel my lyfie in my eerste jaar?
Die higiëne van 'n sandput
Egte Afrikaanse prenteboeke: So skaars en kosbaar soos diamante
Kos vir kleuters
Skoolgereedheid: Waar begin dit en waar pas dit in?
Mag baba eier eet of nie?
Die belangrikheid van kruip
Totsiens doeke! - kommunikasiebrief vir ouers Mariette van Eeden |
Kommunikasie met ouers is belangrik veral wanneer dit tyd geword het om die doeke te groet. Hier is 'n voorbeeld van inligting wat met die ouers kommunikeer kan word.
Lees meer >>Na bo
Ontwikkelingsmylpale 3 maande tot 3 jaar Marthie Stoltz |
Alhoewel elke kind uniek is en kinders die voorgestelde mylpale op ietwat verskillende tye bereik, is dit tog goed om van 'n riglyn af te werk. Hierdie riglyne gee ook die onderwyser of versorger 'n aanduiding van aktiwiteite wat in die klaskamer aangebied kan word.
Lees meer >>Na bo
Hou só die kleuters besig gedurende die skoolvakansie Kleuterklanke |
Hoe kan ek my kleuters besig hou gedurende die skoolvakansie?
Lees meer >>Na bo
Hoe ontwikkel my lyfie in my eerste jaar? Angelique Fouché |
Baba het geskikte stimulering nodig om optimaal te ontwikkel.
Lees meer >>Na bo
Die higiëne van 'n sandput Baba en Kleuter Maart 2012 |
‘n Sandput kan vir ure se genot sorg, maar daar is n paar dinge oor higiëne wat jy moet weet voor jy een aanskaf.
Lees meer >>Na bo
Egte Afrikaanse prenteboeke: So skaars en kosbaar soos diamante Prof. Maritha Snyman |
Afrikaanse prenteboeke vir kleuters is gelukkig nie so skaars soos hoendertande nie. Gelukkig nie. Daar is 35 bladsye vol Afrikaanse prenteboeke op Graffitti-boekwinkel se webblad (http://www.graffitiboeke.co.za. Kyk gerus daar. Dis die maklikste plek om ’n verskeidenheid Afrikaanse kinderboeke te bekom.) Die probleem is dat verreweg die meeste van die prenteboeke wat beskikbaar is, sogenaamde ko-produksies is. Dit verwys na prenteboeke wat uit ander tale vertaal word na Afrikaans. Daar is baie goeie redes waarom dit so is.
Lees meer >>Na bo
Kos vir kleuters Zelda Ackerman |
Die regte kos kan maak dat kinders hul beste potensiaal bereik, en ons kan hulle help om van daardie kos te hou.
Studies toon dat eetgewoontes wat in kinderdae aangeleer is, oorgedra word in volwassenheid. Gesonde eetgewoontes is nie net belangrik vir optimale fisieke en kognitiewe ontwikkeling van kleuters nie, maar kan hulle ook beskerm teen hartsiektes, diabetes, kanker, osteoporose en obesiteit later in hul lewens. Ouers speel die belangrikste rol om gesonde eetgewoontes by kinders te kweek. Vir baie kinders is die skool egter hul tweede huis. Sommige kleuters spandeer tot 12 ure per dag by die skool en wat daar gebeur kan vir hulle dus selfs ‘n groter impak hê as die huislike omgewing.
Lees meer >>Na bo
Skoolgereedheid: Waar begin dit en waar pas dit in? Wietske Boon |
Skoolgereedheid is nie ‘n proses wat eers in die Graad R jaar begin nie. Dit begin reeds voor geboorte en strek tot wanneer die kind Graad 1 betree. Die eerste vyf tot ses jaar van elke kind se lewe berei hom of haar dus voor vir skool.
Lees meer >>Na bo
Mag baba eier eet of nie? Sr Ida Bester |
Eier: Is dit nog nodig om vir babas eier te gee voor hul 9 maande inenting? Wanneer behoort babas vir die eerste keer eier te eet? Hoe moet die eier voorberei word? Hoeveel en hoe gereeld mag baba daarna eier eet?
Lees meer >>Na bo
Die belangrikheid van kruip Alet Victor |
Ons weet dat kruip een van die belangrike mylpale vir ‘n baba se ontwikkeling is. Hoe help ek ‘n baba in my klas wat nie wil kruip nie?
Lees meer >>Na bo