Tuis
Die kleuter van die hede is die nasie van die toekoms…
...so lui die slagspreuk van die VERENIGING VIR VOORSKOOLSE OPVOEDING EN SORG (VVOS). Lede van die VVOS is dit eens dat toepaslike ontwikkeling en versorging van ons jong kinders ‘n aanwins vir ons samelewing is.
Die VVOS is ‘n Vereniging en tuiste waar kleuterskole, speelgroepe, dagmoeders, individue en studente betrokke is om goeie praktyk in die opvoeding en versorging van ons kleuters te bevorder.
Deur opleiding en kommunikasie met ons lede, stel die VVOS inligting beskikbaar om instansies en individue toe te rus vir hul taak binne vroeë kinderontwikkeling.
Kleuterklanke
Die Kleuterklanke is die publikasie van die VVOS en verskyn twee maal per jaar. Dit is ‘n tydskrif vir personeel en ouers en bevat artikels oor vroeë kinderontwikkeling, uitgebreide temabeplanning en ander nuttige inligting. Van 2016 af sal die Kleuterklanke by die twee-jaarlikse seminaar by Unisa aan elke kursusganger beskikbaar gestel word. Elke Kleuterklanke word ook in digitale formaat gepubliseer en versprei. Lees dit op jou tablet of selfoon, en druk temabladsye uit vir jou klaskamer.
Kyk hier na Kleuterklanke Volume 40 Nr 1